Klaskamerreëls

“Ervare onderwysers hanteer nie probleme nie, hulle verhoed hulle” Geoff Petty

Klaskamerreëls is die grondslag vir orde in enige klaskamer, en orde in enige klaskamer is noodsaaklik vir effektiewe onderrig en leer om plaas te vind. Met hierdie toepaslike klaskamerreëls kan probleme voorkom word. Julle is welkom om my Afrikaanse klaskamerreëls  gratis af te laai.

Klankherkenning

In die Grondslagfase is lees en spelling foneties en op klanke gebaseer. Daarom is dit baie belangrik dat leerders hul klanke moet ken.

Julle is welkom om hierdie klankkaarte vir Graad 1 en 2 gratis af te laai.

Druk as ‘n A3 uit om teen die muur te plaas, waar leerders in groepies onder leiding van ‘n groepleier die klanke kan lees. Druk as ‘n A4 uit waar leerders dit individueel by hul tafeltjies kan lees.

Hallo Wêreld

Ek is Juffrou Mariska wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal aanbied. 

My doel is om alle leerders reg oor die wêreld te bereik met hulpbronne om Afrikaans te leer praat en skryf deur ‘Die Goeie Vyf’.

-Storietyd

-Leestyd

-Kletstyd

-Woordbou 

-Skryftyd 

Met ‘Die Goeie Vyf’ raak Afrikaans net lekker in die Eerste Addisionele Klaskamer. 

My doelwitte is om – goeie begrip, akkuraatheid, vlotheid en ‘n uitgebreide woordeskat in my leerders te skep.  

Mag ‘Afrikaans vir die Wêreld’ jou inspireer en ondersteun in jou reis om Afrikaans te bemeester.  

 

LOGO